GET-TO-KNOW-OUR-MEMBERS

Felecia Konigk - Cedar Rock Resort
 
Wat is spesiaal van die plek waar jy groot geword het?
My ouers was Offisiere vir Korrektiewe Dienste Pollsmoor, tot ek 13 jaar oud geword het en dit het my altyd vry en veilig laat voel op die terrein. Anders as vandag, het ons geen TV gehad nie en in die strate fiets gery en buite gespeel.
 
Hoe lank bly jy al in Clanwilliam?
Ek was Septembermaand, 10 jaar woonagtig in Clanwilliam.
 
Hoe lank is jy reeds in die Toerisme bedryf?
Ek het deur Safmarine al met Toerisme betrokke geraak. Kardoesie 'n oormaat vol gehad en vir 'n Butler's kursus gegaan vir Cedar Rock, dus 20 jaar.
 
Wat is jou gunsteling plek of aktiwiteit in Clanwillian en/of Cederberg omgewing?
My gunsteling plek is enige plek naby die see en dit maak my kalm.
Ek probeer elke oggend of namiddag stap, en doen joga by die huis. Ek love dit om ook saam met vriendinne uit te gaan vir ontbyt, of net koffie en tee saam met hulle te geniet. Ceder Rock hou my baie vas want ek is dag en nag aan diens.
 
Praat jy dalk enige ander taal, indien wel, watter tale?
Ek praat vlot Engels en Afrikaans, en verstaan Nederlands, bietjie Duits, en kan maklik immigrant toeriste verstaan. Ek leer ook Xhosa.
 
As lid van die Toerisme industrie, wat is nog alles op jou toer “bucket list”?
Deur op die Raad te wees van Toerisme,  wil ek uitreik sodat Clanwilliam meer aktiwiteite kan aanbied. Ek was al op 'n boot op die dam, het al in 'n Porshe gejaag,  en wil graag nog oor Clanwilliam vlieg in 'n helikopter.
 
Wat geniet jy die meeste van jou loopbaan?
Ek geniet vreeslik om met mense van alle kulture en ouderdom te kommunikeer en dit absoluut gemaklik te maak wanneer hul by ons bespreek.
 
Wat is jou gunsteling kossoort en/of drankie?
Ek is nie lief vir vleis nie, maar sal 'n stukkie eet wanneer my Manlief van 36 jaar, braai. Ek love interessante slaai en probeer altyd nuwe, vreemde disse maak en eet.
Ek drink nie alkohol nie, baie water, Rooibostee en Nespresso.
 
Watter dag van die jaar is jou gunsteling?
Ek verkies die Winter bo die Somer, maar ons kan weer asem haal as Lente in Clanwilliam is.  Die Blommeprag staan ook vir my uit.

 

Meer oor Cedar Rock

CLANWILLIAM TOURISM
+27 27 482 2024
cederberg@lando.co.za

EMERGENCY NUMBERS

CLANWILLIAM

Police - 027 482 8181
Hospital - 027 482 2166
Clinic - 027 482 1692
Dr. Strauss - 027 482 1629
Dr. Uys - 027 482 2111
Pharmacy - 027 482 1226
Fire Department - 027 482 1775
Ambulance - 027 482 2576
Cederberg Medical Rescuers - 10177
Veterinarian - Dr. Degenaar - Every Tuesday after 14h00 - 082 890 1181

CITRUSDAL

Police - 022 921 4100 / 10111
Ambulance - 022 921 2210 / 10177
Hospital - 022 921 2133
Doctors - 022 921 2725

LAMBERTSBAAI

Police – 027 432 8260
Ambulance – 027 482 2230
Dr. Hayes & Partners – 027 432 1136

 

Tourism Bureau - Main Road

+ 27 27 482 2024
bookings@clanwilliam.info
cederberg@lando.co.za

© 2019 Clanwilliam Tourism

Clanwilliam, Western Cape
South Africa

Follow us 

Web hosting & design
www.aarbei.co.za